Motorhuurdekking is slegs van toepassing wanneer dit spesifiek in jou polis vermeld, en premie daarvoor betaal word.
Neem asseblief kennis dat die motorverhuurmaatskappye die terugbetaalbare huurdeposito’s op huurvoertuie verhoog het om voorsiening te maak vir die groot verhoging in brandstofpryse. Hierdie deposito’s moet voorsiening maak vir ‘n vol tenk brandstof, en enige moontlike boetes en tolgeld wat op die huurvoertuig gehef kan word.
Die deposito is nou:
• R2 000.00 wanneer met ‘n kredietkaart betaal word
• R2 500.00 wanneer kontant betaal word
Wanneer die kliënt die motor terugbesorg en die tenk is vol wanneer die motor die depot bereik, en geen boetes of tolgeld is uitstaande nie, sal die kliënt binne 6–10 werkdae hul deposito terugkry.
Dit sluit in maar word nie beperk nie tot:
• Huurdeposito’s
• Bybetaling / Aanspreeklikheidsgelde
• Waterskade & Skade aan Onderstel
• Eenrigting-afleweringsgelde
• Afhalings- & Afleweringsgelde
• GPS
• 2de & Latere Bykomende Bestuurder (per bestuurder)
• Ongelukadministrasiegeld (per ongeluk)
• Verkeersboete-administrasiegeld
• Verkeersboete
• Tolgeld
• Nuwe motorhuurversoek moet minstens 24 uur vir passasiersvoertuie en 48 uur vir kommersiële voertuie voor die inboekdatum aan jou Altara Konsultant gestuur word.
• Dit gee jou Versekeraar en die motorhuurverskaffer tyd om die administrasie af te handel en seker te maak dat die voertuig beskikbaar is.
• Vir noodvoertuighuur in geval van ‘n nie-rybare voertuig, kontak u Versekeraar se SOS-lyn.
Vir alle huurvoertuie is ‘n sekuriteits-/huurdeposito deur die polishouer regstreeks aan die motorverhuurmaatskappy betaalbaar voordat die voertuig afgehaal of afgelewer word.
Motorhuurdeposito’s word tussen 6 en 10 werkdae terugbetaal. (Geen kontantterugbetalings.)
• Waar ‘n polishouer besig is om hul bestaande lisensie te hernu, moet hulle die kwitansie vir ‘n tydelike bestuurslisensie asook die oorspronklike lisensie wat verval, voorlê voordat die huurvoertuig afgehaal word.
• Brandstofkoste is altyd vir die polishouer se rekening.
• Brandstof word bereken vanaf die verskafferdepot na -depot, en nie die afhaal- en/of afleweringspunt nie.
• Geen brandstofbybelasting/-heffing is van toepassing nie.
• Indien die spesifieke motorgroep nie beskikbaar is nie, kan die verskaffer – met die kliënt se instemming – ‘n soortgelyke of beter beskikbare groep verskaf.
• Oorskakeling na die oorspronklik versoekte groep sal binne 48 uur plaasvind.
• Vir ligte handelsvoertuie: oorskakeling sal binne 48–72 uur geskied.
• Alle bykomende koste is vir die verskaffer se rekening.
BELANGRIK:
Waar die verskaffer nie ‘n soortgelyke of beter voertuig kan verskaf nie, sal die bespreking gekanselleer word en die Versekeraar in kennis gestel word. Die Versekeraar het die reg om by ‘n ander voorkeurverskaffer te bespreek.
Indien ‘n kliënt ‘n duurder motorgroep kies as wat die Versekeraar versoek het:
• Opgraderings is slegs toelaatbaar indien dit beskikbaar en gekontrakteer is.
• Die kliënt betaal die verskil tussen die standaard en opgradeerde groep se daaglikse tarief.
• Die huurder moet die bykomende bestuurder se besonderhede verskaf by afhaal.
• Die bestuurder se naam moet op die huurooreenkoms verskyn.
• ‘n Afskrif van die bestuurslisensie moet voorsien word vir dekking.
• ‘n Dag-tarief dek 24 uur vanaf die tydstip waarop die voertuig die tak verlaat.
• Die huur eindig wanneer die voertuig aan die tak terugbesorg word.
• Versekeraar bevestig die finale huurdae.
• Ekstra dae word gehef indien die voertuig laat terugbesorg word en mag van die deposito afgetrek word.
Gebruik van ‘n huurvoertuig oor die landsgrens is geheel en al onderhewig aan die goedkeuring van die motorverhuurmaatskappy, nie die Versekeraar nie.
Die kliënt moet die verskaffer regstreeks kontak en die nodige reëlings tref.
Indien die voertuig nie rybaar is nie, sal die verskaffer binne 24 (vier-en-twintig) uur vir ’n ander voertuig reël.
Die kliënt is verantwoordelik vir die betaling van die gekontrakteerde aanspreeklikheidsbedrag regstreeks aan
die verskaffer en die verskaffer moet die kliënt van ‘n kwitansie vir die betaling voorsien.
Kliënte moet kennis neem van die verhuurmaatskappye se Aanspreeklikheidsvrywarings.
Bykomende vrywarings vir meer omvattende dekking op huurvoertuie is ook by elke maatskappy aan kliënte beskikbaar.
Altara glo dat hierdie inligtingstuk vir jou as klient van waarde was. Indien jy enige vrae het, moenie huiwer om ons kantore te skakel nie.